Local sportSport

Potgieter wil rugbykultuur in Duitsland vestig

Rugby in Duitsland is nie 'n sport wat jy daagliks in die yskoue strate van dié land opmerk nie.

‘n Oud-Nelspruiter, Kobus Potgieter (32) is in Julie 2013 as die breier aangestel. Dié voormalige Hoërskool Bergvlam-leerder is vir drie
maande terug in sy tuisdorp.
In 2007 is hy saam met die voormalige Tukkies Varsitybeker en huidige 0/21-afrigter van die Blou Bulle, Nollis Marais na die land om ‘n rugbyklub te gaan stig.

Die Heidelberg Ruder Klub is die tweede oudste rugbyklub ter wêreld, die oudste in Duitsland. “Daar is nie ‘n groot aanvraag vir die sport nie, dit is meestal agtienjariges wat vir rugbyontwikkeling aansluit.
In 2009/2010 het ons die eindstryd van die Bundes-liga vir die vierde agtereenvolgende jaar gewen. Ek het later daardie jaar die klubspan begin afrig en in 2011 was ek die assistent-afrigter vir die nasionale span. Ek het in 2008/2009 as kaptein van die span uitgedraf en ons het
daardie jaar die eindstryd vir die eerste keer in 23 jaar gehaal.”
In die 1990’s het Duitsland ‘n silwermedalje by die Olimpiese Spele verower en lê tans volgens die Internasional Rugby Vereniging 26ste op die wêreldranglys.
Lande soos die Skiereilande, Moldova, Poland, Oekraïne en Swede vorm deel van die ENC Europeans wat aan die Nations-beker deelneem.
Die span bestaan uit spelers van so ver as Nieu-Seeland, Australië en Suid-Afrika. “Die Duitse-rugbystyl aard baie na die Suid-Afrikansers sin. Hulle wil ‘n spelpatroon volg en hou nie daarvan om af te wyk nie. Ons oefen in bibberende koue van -10°C.

Die inwoners is baie vriendelik en ek het baie moeite gedoen om hulle taal te leer. Ek kan selfs in Duits afrig. Ons is vyf Afrikaners wat die braaitradisie vort hou en kuier gereeld met ‘n bier in die hand saam.”
Die stadion word met tussen 3 000 en 4 000 toeskouers gedurende ‘n nasionale wedstryd volgepak. Potgieter wil graag ‘n rugbykultuur onder Duitsers vestig. “Ons kan nog vir die Rugby Wêreldbeker in 2015 wat in Engeland plaasvind kwalifiseer, maar twyfel of ons dit die jaar gaan regkry.”
Die groep van 35-spelers het drie maande verlof as gevolg van die koue. Die velde is gevries en die stadsraad sluit dit om dit te onderhou. “Ek het ‘n groot passie vir wat ek doen en ek is so geseënd om dit te
kan doen.

Ek wil iets positief in die land los wanneer ek die dag besluit om terug te keer Suid-Afrika toe.”
Potgieter het vir Maties rugby gespeel asook in 2001 saam met Naas Botha vir Icon Rugbyklub uitgedraf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button