Local sportSport

Nog pienk plesier moedig helde aan

Hy is pienk van kop tot tone. Hy bult graag sy spiere vir die skare en glimlag breed met sy spierwit tande.

Raai wie is dié karakter? Dis die Steval Pumas se gelukbringer, Pumaki.
Die Pumas is uiteindelik voltallig met die verwelkoming van hul eie gelukbringer wat vir die eerste keer sy verskyning op 23 September
teen die Boland Kavaliers gemaak het.

Hy het tot die span se spogoorwinning van 42-21 in die Curriebeker Eerste Divisieliga bygedra.
Waarom het hy besluit om die Nelspruiters se maskot te word? “Hulle het my belowe dat ek soveel FutureLife-pap kan kry as wat ek wil eet en dat ek heeldag en aldag saam met die mooie dames van die Puma-angels kan speel.”
Daardie Saterdagmiddag met sy eerste tree op die veld, het daar nie veel deur sy kop gegaan nie, behalwe dat hy amper ‘n groot gemors gemaak het. “Ek het so geskrik! Ek het in die tonnel gestaan en wag vir my cue om uit te draf. Ek het op die verkeerde tyd uitgestorm en reg voor die Bolanders ingedraf. Ek het die kaptein van die besoekers byna onderstebo met my vlag geslaan. Sjoe, dit was amper.”
Pumaki geniet sy rugbymaats in die skare die meeste, veral die wat stroopsoet is en hom nie wil duik nie. Hy vertel ook dat hy weekliks groter en sterkter word en baie sukkel om sy trui oor sy kop te trek.

“Soms dink ek hulle het nie genoeg materiaal om my ordentelik aan te trek nie.”
Sy bekendheid is geen probleem nie. “Ek gee nie om dat mense my ken nie. Hoe méér siele, hoe beter. My grootste vreugde is om kinders van die voordele van die deelname aan rugby te leer en hulle ook met goeie maniere wys te maak.”
Wat eet hy?

• FutureLife-pap en eiers vir ontbyt, vars groente, hoender en patats is my gunsteling.
Wat drink hy?

• Bonaqua-water en baie Powerade vir energie.
Wie is sy held?

• Die kaptein van die Pumas, Corné Steenkamp en die Blou Bulle se gelukbringertjie, Bulletjie.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button