Local sportSport

Rugbyklub reg vir seisoen na herstrukturering en nuwe bestuur

Gedurende 2013 het die Witrivier Rugbyklub 'n herstruktureringsproses ondergaan waarna nuwe bestuur verkies is.

‘n Hele paar spelers moes ook vervang word as gevolg van ander wat weggetrek of ophou speel het.

Daar is nou nuwe bloed in die span wat sal verseker dat Witrivier se rugbyspelers weer prominent in die klubrugby-arena sal wees.
“Ons wil hierdie jaar as ‘n geharde en mededingende teenstander in wedstryde beskou word,” sê Bennie Pringle, voorstitter. Die klub skop die jaar af met ‘n sewes-toernooi op 25 Januarie in Middelburg waar hul twee spanne ingeskryf het.

Hulle eerste wedstryd vind op 22 Februarie in Malalane plaas. Die liga skop vroeg af met die eerste wedstryd wat op 15 Maart op hulle tuisveld plaasvind. Hulle eerste algemene jaarvergadering vind op 13 Februarie om 19:30 plaas.
“Ons nooi graag enige skoolverlaters en ook al die manne wat betrokke wil raak, om op Dinsdae en Donderdae vanaf 18:00 by ons aan te sluit. Ons nooi ook enige voornemende borge om met ons in verbinding te tree,” sluit Pringle af. Navrae: 084-505-2911.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button