Local sportSport

Die Nellies-atlete reeds vroeg aan die brand

Laerskool Nelspruit-atlete het Vrydagoggend in die snikhete Laeveld-son bewys dat daar beslis vanjaar skitter-atletiek te siene gaan wees.

Altesaam 24 interhuisrekords is tydens die jaarlikse kleuresportbyeenkoms verbeter.

Die sterre van die dag was beslis Anjé Nel en Carli Killian wat elkeen drie rekords laat spat het.
Dit was egter die Cheetah-span wat te sterk vir die res was
met hulle 496-punt sege oor die Buffels met 363, die Mambas met 348 en die Arende met 325.

Die Mambas was die gees agter hulle span en daarom het hulle ook die gesogte sangbeker verower. Shana Scott is met haar o/11-dogters
gewigstootrekord van 8,95m (ou rekord 7,65m) as die beste dogtersveldatleet gekroon terwyl die o/12 Jacques Marais met sy gewigstoot-item as die seunsveldatleet aangekondig is.

Op die baan was Anje Nel (o/10) en Nico Liversage (o/12) as die twee baanaatlete aangewys en dié twee was ook die hekkiesatlete. Angelique Nel (dogters o/12) en Drikus Greeff (seuns o/10) het weggestap met die middelafstande atlete van die dag titels wyl Shana Scott die
beste prestasie van die dag opgelewer het.

Die junior victrix en victor ludorums was Aprili Boshoff (dogters o/9) en Neil van Aardt (seuns o/8) met die seniors Anje Nel en Nico Liversage.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button