Seinsei Susan van Hazyview word tot vierde dan bevorder
Sandra Janse van Vuuren, Hazyview en Skukuza se sensei, het onlangs aan die week lange Ganbatte Gashuku in Kaapstad deelgeneem.

Sy moes eers’n gambate-oefening in die Kaap, wat uit vyf dae se intensiewe oefening en opleiding bestaan het, bywoon. Volgens haar was dit ‘n ongelooflike ondervinding.
Op 56 voel sy dat sy definitief ‘n mylpaal bereik het.
In Kaapstad moes hul teen veleteenstanders veg om die verskillende tegnieke te demonstreer en moes die pas kon volhou.
Janse van Vuuren is tot vierde dan bevorder. Hazyview se inwoners is baie in hul noppies oor hierdie prestasie en twyfel nie een oomblik in haar vernuf om hul kinders karate te leer nie.
Sandra het in 1974, toe sy haar man densei Danie J. van Vuuren ontmoet het, met karate begin. Sy het goed gevorder tot sy haar
bruin gordel gekry het, maar sy het toe opgehou toe sy haar twee seuns – Rudi en jongste Derek – verwag het.
Die twee seuns het op Laerskool met karate begin en die instrukteur het voorgestel dat Sandra saamoefen. Sy is baie lief om met
die kinders te werk en dit is definitief haar passie.
Wie is die ander Karatekan wat ook bevorder is?
Twee Shotokan karate-instrukteurs maak die Laeveld trots
