BHS skitter in die Spif 7’s
Tydens Barberton Hoërskool (BHS) se Spif 7’s-rugbytoernooi, het die spelers van BHS behoorlik uitgehaal en gewys, en is die besoekende skole stert tussen die bene huis toe.

Skole wat vroegoggend opgedaag het om teen mekaar mee te ding, was Uplands, Bethal Jeugklub, Witbank High en Hoërskool Patriot.
In die uitspeelrondes het BHS se o/16-span 22 punte aangeteken teenoor Uplands se 0; Bethal Jeugklub het ook in die stof gebyt met 0-35 in BHS se guns.
Tydens die Junior bekerfinaal het Barberton weereens breed geglimlag toe hulle as wenners met 48-0 van die veld afgestap het.
Die senior B-span van Barberton het Bethal Jeugklub A, Witbank High A en Uplands A op hul neuse laat kyk met onderskeidelik 33-0; 33-5 en 15-7.
Die BHS B-span het in die uitspeelronde tweede geeïndig en na die semifinale deurgedring. Tog was dit tot einde niet en het die NTT BHS senior A-span eerste geëindig in die uitspeelronde nadat hulle die ander spanne ore aangesit het. Uplands A het met 36-0 verloor; Hoërskool Patriot A met 31-7 en Witbank High A het dieselfde pad geloop toe hulle met 5 teenoor BHS se 40 verloor het.
Gedurende die semi-finaal het BHS weereens swaaistert van die veld afgestap toe die B-span Hoërskool Patriot A gewen het met 21-4 en die NTT BHS A-span die manne van Uplands A met 31-0 uitoorlê het.
Tydens die finale het NTT BHS A-span hul alma-mater, die BHS B-span die stryd aangese om as die Spif 7’s kampioene gekroon te word met hul oorwinning van 47-17.
Die trotse hoof van BHS, Pieter Ferreira, het baie geluk gesê aan die spelers asook hul afrigters.
