Local sportSport

‘n Sukses vir klein Lareine se golfdag

Die jaarlikse fondsinsameling vir Lareine Carstens word op 9 Augustus deur middel van 'n gholfdag gehou.

MALALANE – Die jaarlikse fondsinsameling vir Lareine Carstens word op 9 Augustus deur middel van ‘n gholfdag gehou.

Die familie nooi die gemeenskap hartlik uit om die dag saam met hulle te geniet.

As jy nog nie vir jouself plek bespreek het nie, moet jy dit sou gou moontlik by die golfklub doen.

Moet ook nie die groot pret vir die kinders vergeet nie.

Hulle kan vir slegs R50 aan al die aktiwiteite deelneem, insluitend perdry, springkasteel en gesigverf.

Lareine is gebore met ‘n rare kondisie genaamd Prader-Willi-syndroom.

Dit beinvloed haar spiere en haar brein.

Haar spiere ontwikkel baie stadig met die hulp van groeihormoon, wat die Carstens-familie se mediesefonds nie betaal nie, maar volgens Alwyn, haar pa, baklei hulle nog oor die saak.

Navrae: Paula Carstens by 082-450-5066.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button