Local sportSport

Curro se skaakspan is tops vir 2014

Die biskop van die Laeveld het die koning en koningin gewaarsku om nie vreemde perde met hul ridders na die Curro-skaaktoernooi toe te stuur nie, want dié skool se spel is vuurwarm.

Die skaakspan van Curro College is tot dusver as die beste vir 2014 aangewys. 

Hulle het die gesogte titel Saterdag ingepalm na ‘n uitstekende spel in hul jaarlikse toernooi. 

Die o/9’s se A- en B-spanne het onderskeidelik ‘n eerste en derde plek verower en die o/11’s het – kort op Lydenburg se hakke – tweede gekom.

In die B-afdeling, het Uplands College die eerste plek gehaal met ‘n totaal van 52. Lydenburg was tweede met 48 en Sabie derde met 44. 
Ouers het van vroeg af met hul kombersies en piekniekmandjies voor die skoolsaal gesit om hul slimkoppies te ondersteun.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button