Local sportSport

Gholfdag om kleintjie se toekoms te help verbeter

Die afgelope Saterdag het die gemeenskap bymekaargekom om golf te speel - vir 'n goeie doel.

Die afgelope Saterdag het die gemeenskap bymekaargekom om golf te speel – vir ‘n goeie doel.

Klein Lareine Carstens is op drie maande met Prader-Willi-sindroom gediagnoseer. Dit was vir haar familie ‘n groot skok en hulle het nie geweet wat dit behels nie. Hulle het ‘n mediesefonds, maar Lareine se groeihormoon word nie deur hulle gedek nie.

Die hormoonpenne is uiters belangrik vir haar ontwikkeling en sy gebruik minstens twee van hulle per maand. So ook ‘n spesiale vitamienmelkskommel soos haar pa dit sal noem om haar te help groei en versterk.

Die Carstens hou jaarliks ‘n fondsinsamelingsprojek om hulle met die kostes te help en die jaar was dit ‘n pret gholfdag. Meer as 50 spelers het deelgeneem en elke putjie was geborg.

Volgens ma, Paula Carstens het die gemeenskap hulle gehelp om R46 800 vir Lareine bymekaar te maak. “Ons is onbeskryflik dankbaar vir wat die mense in ons gemeenskap vir ons doen.

Julle help ons om vir Lareine ‘n beter toekoms voor te berei en dit maak ons oneindig dankbaar. Daar is soveel mense waarvoor ek will dankie sê, maar ek wil nie net sommiges uitsonder nie. Baie dankie vir elkeen se hulp en ondersteuning.”

Die uitslae

Eerste: Roelf Fritz en Rigcard Stolz

Tweede: Ricky Coetzee en Mike Christmas

Derde: Ronelle Putter en Zach Botha.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button