Local sportSport

Rhinos het oog op die beker

Skole-rugbyaanhangers kan Saterdag na groot aksie uitsien wanneer Hoërskool Nelspruit se Rhinos in die halfeindstryd van die Beeld-trofee vir makroskole teen Monument hier in Mbombela uitdraf.

Die span se senter, Nico van Rooyen het ‘n drie in die laaste 10 minute van die kwarteindstryd gedruk en die plaaslike span het met 33-29 teen Hoërskool Kemptonpark op hul tuisgronde gewen. Kempies was teen rustyd met 15-13 voor en het ‘n groot gedeelte van die wedstryd met 29-18 voorgeloop, maar ‘n geelkaart aan die tuisspan se slot, Tiaan Venter het sy span se skip laat sink.

Puntemakers: Drieë – Wynand Visser, George Muller, Wiehan Steyn en Nico van Rooyen. Doelskoppe: 4. Strafskoppe: 9.

NHS se o/14’s ding ook vir ‘n plek in die eindstryd mee nadat hulle met tegniese punte van 13-13 ook teen die span van Johannesburg afgereken het. Die besoekers het die eerste drie gedruk, en daarom dring hulle ook na die halfeindstryd teen Monument deur. 

Die o/15’s het op hul tuisvelde met 29-11 teen Monnas verloor en die o/16’s het teen die manne van Hoërskool Garsfontein met 
17-26 vasgeval. 

Albei wedstryde vind Saterdag op Hoërskool Nelspruit se velde plaas onderskeidelik om 10:00 en 11:00.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button