Local sportSport

Krieketseisoen begin goed

CJ van der Walt van BHS het gesorg vir 8 paaltjies in 6 beurte en het 21 lopies aangeteken.

Malekutu het maar gesukkel op die krieketveld toe hulle met die NTT eerste krieketspan van Hoërskool Barberton (BHS) te doene gekry het, en is in hul eerste kolfbeurt vir 43 lopies uitgehaal.

CJ van der Walt van BHS het gesorg vir 8 paaltjies in 6 beurte en het 21 lopies aangeteken.

BHS het in hul kolfbeurt Malekutu se telling verbygesteek met nog nege paaltjies staande. Armand Grobbelaar is as beste kolwer aangewys met 21 lopies van 17 balle.

Die nie-uit kolwers was Kenny Beverley met 8 lopies en openingskolwer, DJ Raulstone met vier. BHS het die wedstryd met nege paaltjies gewen en CJ van der Walt is as speler van die wedstryd aangewys.

Nog ‘n wedstryd waar BHS se krieketspelers stert in die lug van die veld afgestap het, was dié van die o/15’steen Lowveld High. Met hierdie oorwinning het die span hul seisoen sommer ook op ‘n hoë noot begin.

Lowveld High het eerste gekolf en is vir 77 lopies uitgehaal.

HJ Strydom, BHS se top bouler, het 4 paaltjies vir 10 lopies in 6 beurte laat kantel en daarmee ‘n driekuns behaal. BHS het hul opponente se telling in hul kolfbeurt verbygesteek met nog sewe paaltjies staande en so as oorwinnaars van die veld gestap. Die beste kolwer was HJ Strydom, met 26 lopies nie uit nie. Hy is ook as speler van die wedstryd aangewys.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button