Bergies speel gasheer vir skaaktoernooi
Die eerste potspel van die Secure-Com Ehlanzeni ABC-toernooi wat vanjaar by Laerskool Bergland gehou is, het reeds om 07:00 verlede Saterdag begin.

Altesaam 125 skaakfundi’s het aan die agtste toernooi van die jaar deelgeneem – die gasheerskool het 18 verteenwoordigers gehad en Laerskool Sabie het die langpad Mbombela toe met 22 spelers aangedurf.
Laerskool Laeveld se Emmerentia Booysen het die prys vir die beste senior dogter ontvang met ‘n waardering van 835 en ‘n prestasie van 1 072. Ook in die A-kategorie het plaaslike spelers soos Vuyani Ndlovu van Lowveld High School en Johan Valks, Ludewick Wille en Abraham Visser van Hoërskool Nelspruit ook met goeie spelle gespog.
Die slimkoppie van Curro, Zuan Taljaard het sy skool se naam in die B-kategorie hoog gehou nadat hy algeheel eerste geëindig het.
Barend Andeon Pringle van Laerskool Bergland het in die derde plek geëindig. Die White River Primary-leerder, Martiens le Roux is as die beste junior seun aangewys. Marius Coetzee en Viktor Styger van Bergland het ook in die afdeling puik gevaar.
Dylan Mattheus, ook van Bergies, het ‘n brons in die C-afdeling verower. Laerskool Nelspruit se Eugene Lourens en Bergland se Merise Lingervelder het onder die eerste 10 geëindig.
A-kategorie
• Emmerentia Booysen, Laerskool Laeveld – beste junior dogter
B-kategorie
• Zuan Taljaard, Curro – eerste
• Andeon Barend, Bergland – derde
• Martiens le Roux, Witrivier – beste junior seun
C-kategorie
• Dylan Mattheus, Bergland – derde.
Jaarlikse skaakkompetisie skop by Curro af
Curro se skaakspan is tops vir 2014
