Local sportSport

Rhinos en Bere bult spiere vir eindstryd

Die Garsie-Bere maak Saterdag inbraak op die Rhinos se gebied.

Hoërskool Nelspruit se eerste rugbyspan, die Rhinos, speel Saterdag in hul vyfde Beeld-trofee eindstryd teen Hoërskool Garsfontein van Pretoria. Die plaaslike span het die destydse direkteurstrofee in 1972 en 1975 gedeel en was laas in 1989 in die finaal waar hulle die knie teen Hoërskool Kempton Park gebuig het.

2014
Eerste wedstryd van 2014 teen Garsies – Rhinos verloor 25-19

Tweede – Tuksreeks-einstryd wen Rhinos 28-27

2013

Rhinos het in die halfeindstryd teen EG Jansen verloor. Verlede jaar het Rhinos vir Garsfontein gewen toe hulle vir die eerste keer in die Tuks-reeks gespeel het.

Geskiedenis
• NHS deel Administrateursbeker in 1972 met Afrikaans Hoër Seunskool op Loftus Versveld
• NHS deel Administrateursbeker in 1975 met Helpmekaar op Nelspruit-dorpsveld
• NHS verloor in die eindstryd van Administrateursbeker teen Potch Volkies (9-6) in Potchefstroom
• NHS verloor in eindstryd van Direkteurstrofee in 1989 teen Kempton Park (13-8) by NHS.

Die eindstryd van die gesogte Beeld-trofee vir makroskole vind op Hoërskool Nelspruit se sportgronde plaas. Die hekke maak 07:00 oop en kaartjies beloop R20 vir volwassenes. Plaaslike ondersteuners word aangemoedig om van die parkering op die skoolterrein gebruik te maak, sodat besoekers by die sportgronde kan parkeer.

Wedstrydtye en die skeidsregter en assistent skeidsregters:
• O/14 Monument vs Garsfontein, 09:00 (Klaas Broodryk, Rhyno Schilling en Sarel du Toit)
• O/15 EG Jansen vs Monument, 10:10 (Michiel Botes, Klaas Broodryk en Rhyno Schilling)
• O/16 EG Jansen vs Monument, 11:20 (Danie Cronjé, Klaas Broodryk en Sarel du Toit)
• Hoofwedstryd Garsfontein vs Nelspruit, 12:40 (Gavin Wessels, Danie Cronjé en Michiel Botes).

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button