Local sportSport

Van Wyk nie deel van Pumas se 22-tal nie

Die slot, Marius Coetzer is nie deel van die beginspan wat Saterdag teen die Toyota Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein uitdraf nie alhoewel hy in sy 80ste wedstryd speel.

Die blondekop, Renaldo Bothma draf in sy 50ste wedstryd vir die Pienkes uit.

Die enigste verandering aan die Steval Pumas se 22-tal is die insluiting van Hennie Skorbinski as senter op die plaasvervangersbank. Dié voormalihge Pukke Varsitybeker-speler vervang die Leeus se Super Rugby-speler, Coenie van Wyk .  

Stefan Watermeyer wat met sy handgewrig na die afgelope naweek se wedstryd teen die CELL C Sharks gesukkel het, is fiks verklaar.

Die Pumas wat teen die Cheetahs uitdraf:

15. JW Bell

14. Trompie Pretorius

13. JW Jonker

12. Stefan Watermeyer

11. Rosko Specman

10. Justin van Staden

9. Dylan Frylink

8. Renaldo Bothma

7. Uzair Cassiem

6. Corné Steenkamp  

5. Frikkie Spies

4. Giant Mtyanda

3. Vincent Koch

2. Francois du Toit

1. Corné Fourie

Plaasvervangersbank – Frankie Herne, DeJay Terblanche, Marius Coetzer, Jaco Bouwer, Raynier van Rooyen, JC Roos, Hennie Skorbinski.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button