Local sportSport
Gholfspelers maak naam
Die vier gholfspelers van Nelspruit Buitebaan, Brandon Geere, Jacques du Preez, Ruben Fermor en Ruan Fermor is gekies om aan die Louis Oosthuizen Junior Klubkampioenskappe deel te neem.

Die toernooi vind van 12 tot 14 September op Mosselbaai-gholfbaan plaas.
Dit is die derde jaar wat die 2010 Britse-opekampioen dit borg – hy het op die baan self as junior sy tegniek beoefen en hou tans ook die rekord vir die laagste telling van 57 op die speelveld. Landswyd het ‘n verskeidenheid gholfklubs uitdunne gehou om te bepaal wie gaan hulle provinsies vanjaar verteenwoordig – Nelspruit en Middelburg gaan om Mpumalanga se naam hoog te hou.
Die toernooi bestaan uit drie rondes waar die beste drie tellings in aanmerking kom. Hulle spel kan regstreeks op www.saga.co.za gevolg word.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
