Local sportSport
Laerskoolonderwysers kuier saam op die gholfbaan
Die eerste Mica Mbombela/Hoërskool Rob Ferreira gholfdag het laerskoolonderwysers van regoor die Laeveld gelok.
Hoërskool Rob Ferreira se sportvelde is onlangs in ‘n gholfbaan omskep vir die eerste Mica Mbombela/Rob Ferreira Laerskool-onderwysersgholfdag.
Ongeveer 60 onnies van regoor die Laeveld het heerlik saamgekuier, vir ‘n toer deur die skool gegaan en gholf gespeel. Dit het laer- en hoërskoolonderwysers die geleentheid gegun om mekaar beter te leer ken. Die dag is met ‘n prysuitdeling afgesluit, waar elke speler met iets weggestap het.
Dit was so suksesvol dat daar beplan word om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.
Hoërskool Rob Ferreira wil graag dankie sê aan die besoekende onderwysers en al die borge wat die dag moontlik gemaak het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
