Laba nooi jou na ‘n groot hengelkompetisie uit
Aandag aan alle pa's, seun's, dogter's, oupa's en kleinkindinders - 'n visvangkompetisie ten bate van Huis Betlehem vind die naweek by by Klipkopje Dam plaas.

Vriende of kennisse van u wat nie Laba lede is nie is baie welkom om die dag saam met ons te kom geniet. Laba lede (asook die borge) betaal geen hekgelde nie, nie lede betaal R20 per kop (pleks van R50) vir die dag en hulle kinders kom verniet in.
Village Mall Slaghuis sorg vir die spitbraai en pap en Laba vir die sheba vir die ete Saterdagaand na die prysuitdeling. Koste R30 per ete vir volwassenes en R20 vir kinders. Hierdie geld gaan alles vir Huis Betlehem.
Indien u wil kamp die Vrydag- en die Saterdagaand is die kamplekke(6 Persone) beskikbaar @ R50 per staanplek met krag en R25 per staanplek sonder krag.(Borge betaal weereens nie) Dit is die helfte wat dit gewoonlik kos. Ons vra geen inskrywingsfooi nie so dit is net bogenoemde gelde wat u hoef te betaal. (Etes, Kampplek en nie-lede toegangsgeld)
Bring u eie eetgerei en drinkgoedjies saam.
Vrydagaand,Saterdagoggend,Saterdagmiddag en Sondagoggend(as u oorslaap) moet u self sorg vir u etes. Huis Betlehem sal gratis voorsien word van kos.
Daar sal ‘n snoepie wees Saterdag wat koeldranke,aartappelskyfies, lekkergoed, water ens. sal verkoop( inkomste hieruit ten bate van Huis Betlehem).
Daar sal worsbroodjies te koop wees, Saterdag deur die dag @ R20 ‘n broodjie (inkomste hieruit ten bate van Huis Betlehem).
Daar sal ook ‘n springkasteel wees vir die kinders, geborg deur Jaco’s Jumping Castles.
Ons het reeds verskeie borge vir pryse asook donasies ontvang, ons opregte dank aan almal van hulle.
Indien u ook iets wil borg is u welkom stel net die kantoor in kennis.
Van die borge sal ook uitstallings daar hê van hulle produkte.
Aangeheg ‘n inskrywingsvorm vir die kompetisie,wat u by die hek moet toon as u inkom.
U moet asb. die kantoor laat weet of u die kompetisie gaan bywoon voor of op Woensdag 10 September. Ons moet weet hoeveel persone daar gaan wees vir die ete Saterdagaand, asook hoeveel kampstaanplekke ,met en sonder krag, bespreek moet word vir Vrydagaand en Saterdagaand. U kan die kantoor bel of e-pos. Of u kan self die kampplek bespreek by Gert Hawkins,opsigter by die dam.
Die reëlings is as volg;
Vrydagmiddag 19 September om 18:00 begin die kompetisie.
Saterdag 20 September deur die dag kan u nog steeds kom inskryf.
Saterdagmiddag om 05:00 sluit die kompetisie
Saterdagmiddag 5.30 begin inweeg ( inweegkamp sluit om 6 uur)
Saterdagmiddag 6.30 prysuitdeling.
Saterdagaand om 7:00 spitbraai.
Indien u enige navrae het kontak Poppie gerus by die kantoor.
