Local sportSport

Pumas hou die blinkkant bo ondanks loesing teen Griekwas

Saterdagmiddag was die weersomstandig-hede perfek in die tuisdorp van die Poubloues tydens hulle kragmeting teen die Steval Pumas in die laaste ronde van die Absa Curriebeker-groepwedstryde.

Griekwas het dit duidelik gemaak dat hulle lus is om rugby te speel en dat hulle die besoekers se momentum gaan probeer ontwrig. 

Dit was egter die akkurate skopvoet van die Griekwa-heelagter, Gouws Prinsloo wat die Pumas seergemaak het. 

Hy het ‘n totaal van agt strafskoppe sekuur oor die dwarslat gejaag. Prinsloo het 24 punte vir sy span aangeteken en so ‘n unierekord opgestel.

Die telling was egter nie ‘n ware weergawe van die wedstryd nie. Die manne van Kimberley het die Pumas se foute behoorlik uitgebuit en dié geleenthede gebruik om punte aan te teken. Maar die opwindendste rugby is vir 90 persent van die wedstryd deur die besoekers gespeel. Dit was egter die swak hantering, individuele foute en ongeduld wat die Pumas gekniehalter het. Teen rustyd het die woelige skrumskakel, Reynier van Rooyen ‘n skitterende drie gedruk, na die spoedvraat Rosko Specman die verdediging met ‘n briljante lopie uitoorlê het. 

Maar die Poubloues het dadelik geantwoord met ‘n drie deur hulle linkervleuel, PJ Vermeuelen en ‘n doelskop van Prinsloo vir ‘n rustydtelling van 19-11.

Die drie laat in die eerste helfte deur die Pumas het dit laat lyk asof die besoekers tog wou terugveg. Maar dit was Gouws wat vroeg in die tweede helfte weer sout dieper in die wonde “ingeskop” het. Een van die ligpunte was die briljante spel van JW Jonker, wat ook gewys het waarom hy so hoog aangeskryf word na ‘n ongelooflike individualistiese drie. Die Pumas het kort-kort hanteringsfoute en klein onbenullige foutjies gemaak. Hulle kon tog met ‘n enkele bonuspunt uit die stryd tree, al het hulle 31-27 verloor en die uitslae van die ander groepwedstryde, laat die Laevelders steeds in die derde posisie op die algehele Absa Curriebeker-punteleer.

“Saterdag was net weereens ‘n bewys dat die span wat die meeste foute begaan, twee maal so hard moet werk om ‘n wen deur 
te haak. 

“Die Griekwas was nog nooit ‘n maklike span op hul tuisveld nie, maar die verloor sal ons glad nie van ons doelwitte laat ontsien nie. Ons moet net dié week meer gefokus in Johannesburg gaan speel, en sorg dat ons van nou af die pas aangee en elke geleentheid gebruik om punte op die telbord te plaas,” noem Jimmy Stonehouse, breier van die Steval Pumas. Hy was glad nie beïndruk met sy span se vertoning nie en het verseker dat daar die week hard gewerk gaan word.

Punte vir die Pumas was die twee drieë van Van Rooyen en Jonker. Justin van Staden is huidiglik die voorste puntemaker in die kompetisie met 64 punte. Saterdag het hy weer ‘n paar vir sy span met sy skopvoet bygesit.

In die voorwedstryde het die Pumas-o/19’s hulle Absa Curriebeker-wedstryd teen die Griekwas met 22-17 gewen, en was die o/21’s ongelukkig om met 22-20 in ‘n baie spannende wedstryd te verloor.

 

Steval Pumas vs Cell C Sharks at Mbombela Stadium in pictures

Five players who starred for the Steval Pumas over the weekend

Steval Pumas clinch 33-15 win

Shark Tank welcomes Steval Pumas

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button