Strawwe kompetisie op die bord
Na die naweek se De Goede Top-10-toernooi wat by die NG Kerk in Witrivier plaasgevind het, was dit duidelik wie Mbombela se bobaas-skaakspelers is.

‘n Eksklusiewe groep spelers word gekies om jaarliks aan die toernooi deel te neem.
Die drie o/10-skaakspelers, Andeon Pringle, Ruan Venter en Rynhardt van der Linden, was Saterdag weer kop aan kop. Andeon van Laerskool Bergland is as sy afdeling se topspeler aangewys en het met ‘n ronde van vyf geëindig (solkoff 14, cumulative 15, sonnebb 14).
Curro College se Ruan wat in die vorige toernooi, die Ehlanzeni AGE wat by Curro plaasgevind het, eerste gekom het, het in die tweede plek ingeskuif en Rynhardt, ook van Curro, het die bronsmedalje om sy nek gehang.
Mbokodo se enigste verteen-woordiger, Banele Mhango is as die o/12-wenner gekroon. Hy het ‘n telling van 4,5 gespeel (solkoff 14,5, cumulative 13, sonnebb 13,25). Hainroux Erasmus van Laerskool Laeveld het die tweede posisie beklee en Michiel Eksteen van Curro was derde.
Hainroux het ‘n 16de plek by die AGE verower terwyl Michiel ook heelwat verbeter het en twee plekke opgeskuif het.
George Visser van Laerskool Nelspruit het sy eerste plek verdedig en ‘n goud met vyf punte behaal (solkoff 15, cumulative 15, sonnebb 15). Bergland se Jaden Minnaar het ook aan sy tweede plek geklou met ‘n telling van vier (solkoff 17, cumulative 14, sonnebb 12) en Sabie se André de Kock het die derde posisie ingeneem.
By die o/16’s het Alexander Maartens van Sybrand van Niekerk die goud ontvang met Dawid Wille van Hoërskool Nelspruit en Rojan Jameson van Curro kort op sy hakke in onderskeidelik die tweede en derde plekke. Dié drie o/18-spelers, Pierre Dorey, Vuyani Ndlovu en Jandré Vreken, het heeltyd in mekaar se nekke geblaas om vir die eerste drie plekke mee te ding.
Pierre van Curro is as die wenner gekroon nadat hy ‘n puntetelling van 4,5 behaal het (solkoff 16, cumulative 12,5, sonnebb 14,75).
Pierre het by Curro vierde gekom nadat hy drie punte aangeteken het (solkoff 14, cumulative 10, sonnebb 7). Lowveld High se Vuyani het óók puik gevaar en ‘n tweede plek met vier punte behaal. Bergvlam se Jandré was derde met 3,5 punte.
Kyk hier na die foto’s –
Top 10 spook sake op die skaatbord uit
