Local sportSport

Sewes reg vir groot stryd die naweek

'n Opwindende rugbydag, die Noord-unies Sewes-provinsiale toernooi, vind dié naweek by Hoërskool Rob Ferreira plaas.

Die eerste ronde van dié gesogte liga het die afgelope naweek in Vanderbijlpark plaasgevind. Die Pumas het twee van hul vier wedstryde teen Blou Bulle B en Valke gewen en het teen Blou Bulle A en die Leeus verloor.

Die afrigter, Charles Gates, het meer as 10 jaar gelede die toernooi op die been gebring. “Dit is vanjaar die 14de keer wat die liga plaasvind. Ons het die afgelope naweek nie so goed vertoon soos wat ons wou nie, maar ons sien baie uit na die naweek.”

Die Pumas het ‘n A- en B-span wat die naweek teen onderskeidelik die Leeus, Blou Bulle, die Valke, Luiperds en die Limpopo Blou Bulle gaan uitdraf. 
Skakel Woensdag om 13:00 in op Radio Laeveld wanneer die hooforganiseerder, Albert Booyens en Gates meer oor die naweek gaan gesels. Die eerste wedstryde skop om 08:00 af en toegang is gratis. 

Die volledige program en spanlys volg binnekort.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button