Local sportSport

Katgeveg wag op Ellispark

Die laaste keer wat die Steval Pumas die sjampanjeprop op Ellispark geskiet het, was op 8 Oktober 2010.

Die skrumskakel, Dylon Frylinck is fiks verklaar vir die Pienkes se Curriebekerwedstryd teen die Xerox Lions vanaand. “Hulle sal die bal wyd stuur en die spel vinnig wil maak. Ons het nie daardie diepte in ons losvoorspelerpak nie en ons sal konsentreer op die spelers wat ons het,” het die breier van die Pumas, Jimmy Stonehouse vroeër die week tydens ‘n perskonferensie gesê. 

Vier van die begin-vyftiental, Coenie van Wyk, JW Jonker, Stefan Watermeyer en Corné Fourie, het vir die Leeus se SuperRugby-groep vanjaar uitgedraf. MJ Mentz, hulpafrigter van die Pumas, voel egter dat dit nie ‘n impak gehad het op hoe die span vandeesweek voorberei het nie. “Dié vier spelers het ons wel dieper insig gegee ten opsigte van wat die Leeus se prioriteite in terme van hul vaste fasette is. 

Ons sal die bal moet los hou en in kontak speel.” 

Die breier van die Leeus, Johan Ackermann het groot lof gehad vir die spelers wat saam met die Leeu-familie geoefen het. “Die Pumas is ‘n span met vorm en vanaand se wedstryd is ‘n groot uitdaging vir ons. Die leen-spelers het ‘n baie groot bydrae tot ons sukses vanjaar gemaak.” Die Leeus moes hier en daar hul lynstaantekens verander het. “Ons het nie spesifiek goed gaan staan en verander nie, maar omdat ‘n paar spelers deel van ons oefeninge was, het ons aspekte aangepas.” 

Luvuyiso Lusaseni (besering) van die tuisspan word vervang deur Martin Muller op slot. Die nommer 16-trui sal deur Willie Wepener gedra word. Malcom Marx se rib het Woensdag steeds probleme gegee en hy sal nie oorweeg word nie.

Pumas: 
15. Coenie van Wyk, 14. Jerome Pretorius, 
13. JW Jonker, 12. Stefan Watermeyer, 11. Rosko Specman, 10. Justin van Staden, 9. Dylon Frylinck, 8. Renaldo Bothma, 7. Uzair Cassiem, 6. Corné Steenkamp (k), 5. Lubabalo Mtyanda, 4. Frikkie Spies, 3. Vincent Koch, 2. Francois du Toit en 
1. Corné Fourie. 
Plaasvervangersbank: 16. Frankie Herne, 17. DeJay Terblanche, 18. Marius Coetzer, 19. Jaco Bouwer, 
20. Reynier van Rooyen, 21. JC Roos en 22. JW Bell.

Lions: 
15. Andries Coetzee, 14. Ruan Combrinck, 13. Lionel Mapoe (k), 
12. Stokkies Hanekom, 
11. Courtnall Skosan, 10. Jaco van der Walt, 9. Ricky Schroeder, 
8. Willie Britz, 7. Kwagga Smith, 
6. Jaco Kriel, 5. Franco Mostert, 
4. Martin Muller, 3. Ruan Dreyer, 2. Armand van der Merwe, 
1. Schalk van der Merwe.
Plaasvervangersbank: Willie Wepener, Jacques van Rooyen, Julian Redelinghuys, Derick Minnie, Warwick Tecklenburg, 
Mark Richards en Howard Mnisi.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button