Lydenburg se sewes is tops
Laerskool Lydenburg is as die kampioene in Curro se nasionale o/13's sewestoernooi gekroon.

Dit nadat die span in die bekereindstryd teen Laerskool Tygerpoort te staan gekom het en die Pretorianers se doppie met 36-7 geklink het. Alhoewel die Springbokke en Nieu-Seeland met ‘n naelbytwedstryd tydens die Castle Lager Kampioenskappe besig was, het die 12 skole vir net soveel aksie op die rugbyveld gesorg.
Die deelnemende Laeveldskole, Curro Nelspruit, Penryn, Nelspruit Primary,St Peter’s, Laerskool Laeveld, White River Primary en Lydenburg het hulle puik van hul taak gekwyt en hul staal teen die besoekers (Kings School, Tygerpoort en Elarduspark) getoon.
Curro het in die platefinaal teen Lardies 2 net-net met 17-22 die knie gebuig.
Die manne van Laerskool Laeveld het hul teenstanders, Kings in die bouleindstryd verslind en met 38-0 van die veld afgestap.
Die skildfinaal is deur St Peter’s gewen nadat hulle Penryn 1 met 15-5 ore aangesit het.
