Local sportSport

Hengelaars baljaar lekker onder blinklywe

Die span van Angling & Outdoor World, Michael Cronje en Charl Carey het die eerste plek by die agtste en laaste been van die Lowveld Bass Trail verower nadat hulle vyf visse van 8,980kg by Kwena-dam, Lydenburg ingekatrol het.

Cronje het ook die grootste vis van die dag van 2,415kg ingeweeg. Hulle neem aan die einde van Oktober in die finaal by Maguga-dam deel. 

Altesaam 30 bote het ingeskryf om met die Kwena-swartbaars kragte te meet. Die water se warmtegraad is vinnig besig om te styg noudat somer aangebreek het, en het van 16,8*C in die oggend tot 20*C in die vroeë middag geklim. 

Die swartbaars het reeds na die vlakker water beweeg om vir die broeiseisoen voor te berei. Alhoewel geen vis op nes gesien is nie, het die spekvetvisse by watergraskolle in twee tot drie meter waterdiepte by die hengelaars se stokke baljaar. Zoom magnum flukes in die kleure van watermelon candy en watermelon red, wit terminator spinnerbait met koperkleurige indiana-lemme is gebruik om by die watergrasse te hengel.

Die spanne het altesaam 129 swartbaars met ‘n gesamentlike gewig van 121,985kg aangekeer met ‘n gemiddelde gewig van 0,945kg per vis. 

Uitslae
• Eerste – Angling & Outdoor World – vyf visse van 8,980kg – 15.980 punte – R5 000 
• Tweede – Stokstyf – vyf visse van 7,435kg – 14.435 punte – R3 000 
• Derde – Ambassadors – vyf visse van 6,620kg – 13.620 punte – R2 000 (geborg deur Union Motors Nelspruit)
• Vierde – Rugged – vyf visse – 6,595kg – 13.595 punte – twee Kettle Braaiers (geborg deur Midas)
• Vyfde – Thermocline – vyf visse – 5,795kg – 12.795 punte – twee R500-koopbewyse (geborg deur Midas).

Span Angling & Outdoor World het die potprys van R1 500 kontant vir die grootste baars van 2,415kg gewen. Span Stokstyf het ‘n koopbewys ter waarde van R400 wat deur Wittus Angling Store geborg is vir die tweede grootste baars van 2,365kg, gekry.

Die top bote na agt kompetisies:
1. Angling & Outdoor World
2. Hazyview Midas
3. Thermocline
4. Go Fa
5. Brayshaw Filtration
6. Midas Sport
7. Imbongolo
8. Aligators
9. Pumba
10. Bullet
11. Boeta
12. Chomp
13. Rugged
14. Passion For Bass.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button