Local sportSport

Manne geniet ‘n dag op die gholfbaan

"Dis wéér jy!" Dit is die drie woorde wat jy nooit in 'n potjie gholf wil hoor nie.

“Dis wéér jy!” Dit is die drie woorde wat jy nooit in ‘n potjie gholf wil hoor nie. Gholf kan hetsy ernstig wees, met strawwe kompetisie en oë ingestel op die podium – maar vir party gaan dit bloot oor die uitstappie saam met vriende of kollegas en ‘n yskoue bier.

TUT (Tshwane Universiteit van Tegnologie) Sport en Hervorming in samewerking met Absa het Donderdag ‘n gholfdag aangebied met ‘n byna volbespreekte Nelspruitbaan. Die hoofdoel was om fondse vir sport by TUT Mbombela-kampus in te samel. Aangesien dit vir ‘n vroeë vakansie gesluit is weens geweldadige optogte in Gauteng, is dit nog onbekend of die betrokke teiken vir die insameling behaal is. Na afloop van die vierbalkompetisie, is pryse aan die eerste 10 spanne toegeken, die langste dryfhou en die hou naaste aan putjies vyf en 17.

Wat só ‘n geleentheid nog meer interessant maak, is om na die gholfspelers se kommentaar te luister. Dit het nogal die neiging om jou negatief teenoor die spel te stem.

Die top, en dikwels baie bekende kommentaar of verskonings van dié dag lui soos volg:

• Dis wéér jy!

• Nee ou, putt net die ding

• Ons is net hier vir die samesyn

• Dis die wind

• As die caddy buk, moet jy weet jy kan ‘n ding raakslaan

• Dis omdat ek so min rook

• Slat ek nou daai bal uit sy skil uit

• ‘n Slegte dag op die gholfbaan is beter as ‘n goeie dag by die werk

• Kry jou by die 19de gat

• Nou hoekom gaan die bal nou soontoe?

• Eers fade ek die bal, dan draw ek. Ek begin dink ek moet eerder ophou gholf speel.

• Ek verkoop sommer my stokke. Jan, wil jy my stokke koop?

View more photos here

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button