BHS afrigter gekies as spanbestuurder vir Ehlanzeni landloop
Tydens die naweek se Mpumalanga-skole landloopkampioenskappe wat in Lydenburg plaasgevind het, het vier van Barberton Hoërskool se atlete as deel van die Ehlanzeni-span, deelgeneem.
Tydens die naweek se Mpumalanga-skole landloopkampioenskappe wat in Lydenburg plaasgevind het, het vier van Barberton Hoërskool se atlete as deel van die Ehlanzeni-span, deelgeneem.
Nhlanla Magula en Darren Joseph is tot die Mpumalanga o/14-landloopspan verkies en Bongani Nkosi tot die o/16-span. Die drie atlete is ook gekies om gedurende November saam met hulle afrigter, Renatha de Jager, ‘n provinsiale opleidingskamp by te woon.
Dié kamp sal by die Sasol Sport Centre in Secunda gehou word. De Jager is gevra om tydens die SA Kampioenskappe, wat op 13 Desember by die Absa Stadion in Pretoria plaasvind, as spanbestuurder vir die Ehlanzeni-distrik op te tree.
“BHS is besonder trots op hierdie prestasies,” het hul woordvoerder, Lynette De La Rey namens die skool gesê.