Plaaslike stoeiers hou koppe hoog in provinsie
Nelspruit Stoeiklub het 43 medaljes ingepalm tydens die Mpumalanga stoeivereeniging se kampioenskappe Saterdag.

Die Mpumalanga stoeivereeniging se kampioenskappe is Saterdag in die Shonalanga sportsaal in Mbombela aangebied. Stoeiers van so jonk as o/6 van regoor die provinsie het deelgeneem in vrystyl en Grieks-Romeinse stoei.
In totaal het Nelspruit Stoeiklub 43 medaljes gewen, waarvan 36 goud was, ses silver en een brons. Die klub se juniors het die troffee vir beste gees, kreet en beste gekleede span gewen. Spanbestuurder Lizell Devine het vertel dat hulle vir so lank die trofee nié gewen nie, dat dit baie spesiaal was vir die kleinspan.
In die seuns o/15 vrystyl afdeling het Nelspruit Vee-André Swanepoel in hul gewigsafdelings goue medaljes verower. Beyers Combrink (o/13), Aiden Venter (o/11), Joshua Devine (o/10), Dian Heyl (o/10) en Ryan Venter (o/9) het ook in hul gewigsafdelings gewen.
Justin Ray Meyer kon drie keer goud verower – in die mans, junior en kadette ouderdomsgroepe. Cornelius Smit het eerste plekke verwerf in die mans, kadette en o/15 afdelings. Johnny Smit was ook eerste sy gewigsafdeling in die mans en o/15 kategorie.
In die Grieks-Romeinse styl kon AJ van der Lith (o/13), Faantjie Steyn (kadette) en CJ Steyn (seniors) vir Nelspruit goud wen. Die Smiths en Meyer het ook die mat aan die brand bly stoei en nog medaljes in hul gewigte gewen: Johnny Smith (mans en o/15), Cornelius Smith (mans, kadette en o/15) en Meyer (mans, juniors en kadette).
Sien meer foto’s hier.
