Local sportSport

Swemseisoen skop af in Mbombela

Die swemseisoen het Saterdag in Mbombela afgeskop met die Zerox lente-gala by Van Riebeeckpark-swembad.

Die swemseisoen het pas in Mbombela afgeskop met die Zerox lente-gala wat verlede Saterdag by Van Riebeeckpark-swembad plaasgevind het. Gelukkig is ‘n mens klaar nat as jy swem, so die motreëntjie dié dag het nie juis gepla nie.

Onder plaaslike skole het veral drie se o/17-swemmers uitgeblink. Gyula Kasa van Hoërskool Bergvlam was tweede in die seuns o/17 se 50 meter-rugslag en vierde in die 50 meter-vryslag en borsslag, asook sesde in die 50 meter-vlinderslag.

Vir Komatipoort Akademie het Alida Stronkhorst ‘n derde plek behaal in die dogters o/17 se 50 meter-borsslag en was sy vierde in die 50 meter-vryslag. Chad Robbertse van Curro College was ook derde in die seuns o/17 se 50 meter-vryslag en vyfde in die 50 meter-vlinderslag.

Swemmers het die hele pad van Limpopo en Mosambiek gekom om deel te neem, en hoewel die buurlandswemmers baie goed gevaar het, het die plaaslike klubs die dag oorheers. Uniswim Mpumalanga het die podium behoorlik oordonder.

Stephani Viljoen van dié klub het in die dogters 11-12 jaar eerste plekke in die 50 meter-vlinder-, bors-, vry- en rugslag sowel as die 100 meter-vry- en borsslag behaal. Jordyn Minifie van dieselfde klub het gewen in die dogters 13-14 jaar 50 meter-borsslag en 100 meter-bors-, vlinder- en rugslag.

Ook van Uniswem, het Elsabé Rautenbach eerste in die dogters 15-16 jaar 200 meter- individuele wisselslag (IM) asook die 50 en 100 meter-borsslag gekom. Anne Swart van Fins Swemklub het eerste plekke behaal in die 50 meter-vlinder-, bors-, vry- en rugslag, sowel as die 100 meter-vry- en rugslag vir dogters met gestremdhede.

Uniswim se seunswemmers het ook uitgeblink. Johan Viljoen het vir die seuns 13-14 jaar goue medaljes in die 50 meter-vlinder- en vryslag sowel as die 100 meter-vry- en borsslag losgeswem. Jacey Bekker het in dieselfde ouderdomsgroep die50 en 100 meter-rugslag gewen, asook die 100 meter-vryslag en 200 meter-IM.

Raymond de Freitas het in die seuns met gestremdhede die 50 meter-vry-, vlinder- en rugslag gewen, sowel as die 100 meter-vry-en rugslag.

Sien nog foto’s hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button