Local sportSport

Plaaslike fietsryer troef uitdagende wedren

Die York Enduro-bergfietswedren het, soos elke jaar, fietsryers tot hul uiterste getoets, maar verdedigende kampioen Franco Pelser, het gewys dat hy steeds tops is deur die 40km-afdeling te wen.

Die York Enduro-bergfietswedren het, soos elke jaar, fietsryers tot hul uiterste getoets, maar verdedigende kampioen Franco Pelser, het gewys dat hy steeds tops is deur die 40km-afdeling te wen.

Alhoewel die baan hierdie jaar effens langer as gewoonlik was, het die 16-jarige van Hoërskool Rob Ferreira die eerste plek gemaklik met ‘n tyd van 02:00:18 gehaal. Jaco du Toit het eers ‘n minuut later die wenstreep oorsteek om ‘n tweede plek te verower.

Met sy Giant XCT Advance, het Pelser onlangs aan die derde ronde van die Spur Skolereeks by Mankele deelgeneem. Hy het hier met 00:50:14 eerste in die junior afdeling geëindig. Die baan het uit vyf skofte van 4,3km elk bestaan.

“Blessing Moima (tweede) van Hoërskool Lydenburg het daar my respek verwerf – hy het ongelooflike uithouvermoë. Ek het gesukkel, maar Moima het my hard laat werk. My tegniese vaardighede en klim is tans baie goed, maar ek sal moet werk om beter op die gelyke oppervlaktes te vaar,” het die fietsryer vertel.

Pelser het aan sy eerste wedren, óók die Spur-reeks, as 13-jarige groentjie deelgeneem en laaste in sy afdeling gekom. Hy het sy eerste podiumplek in 2012 by die Das Auto-reeks verower. Pelser het Mpumalanga-kleure in 2013 en weer vanjaar gekry, nadat hy die topposisie as junior in Mpumalanga beklee het.

Die meeste fietsryers oefen nou vir die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe wat vroeg in Oktober in Magaliesburg, Pretoria plaasvind. “Verlede jaar het ek tweede gekom, maar vanjaar gaan beslis meer uitdagend wees. Ek is een van die jongste ryers in my kategorie en daarom moet ek teen meer ervare ryers meeding,” het hy gesê.

Hy mik om onder die top drie te eindig, met sy grootste kompetisie as Mark Fourie van Grey College, asook Martin Oosthuizen en Ryan Clarke.

Pelser wil graag aan ander bewys dat niks sonder die Here moontlik is nie. “Ek wil Sy visie uit te leef. Sonder Hom sal ek niks kan bereik nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button