Top-spanne van die streek spog met hul trofeë
Twee Ehlanzeni-hokkietrofeë spog in laerskole Bergland en Nelspruit se kaste.

Elk van die twee skole het twee spanne wat Maandag in Witrivier as kampioene uit die stryd getree het.
Nellies se o/11- en o/13-dogterspanne loop deesdae met goue medaljes om hul nekke rond, nadat hulle onderskeidelik Witrivier en Malelane in die eindstryd geklop het.
Die o/11’s het in die halfeind-stryd teen Lydenburg met strafdoele 2-1 gewen, en so na die eindstryd deurgedring waar hulle Witrivier 1-0 geklop het. Die o/13’s het moeiliker hul plek in die eindstryd bespreek deur 1-0 teen Witrivier af te reken. Malelane het in die laaste ronde alles in hul vermoë gedoen om Nelspruit ore aan te sit en het ook met strafdoele 3-2 verloor.
Die o/12-seuns van Uplands is die Ehlanzeni-wenners en Laerskool Laeveld se o/13-seuns is die wenners in hul kategorie.
Uitslae
• o/11-dogters – Nelspruit
• o/11-seuns – Bergland
• o/12-dogters – Bergland
• o/12-seuns – Uplands
• o/13-dogters – Nelspruit
• o/13-seuns – Laeveld.
Laeveld o/13-hokkie eindig eerste in ehlanzeni en tweede in Mpumalanga
Ehlanzeni hokkiewenners gekroon
