Local sportSport

Laerskoolleerlinge blink uit by voortrekkerbeweging

Aan die einde van ‘n Voortrekker Penkop of Drawwertjie (Laerskoolkind-Voortrekker) se loopbaan wil elkeen graag aan haar/homself bewys dat sy/hy iets besonders in Die Voortrekkers geleer en beleef het.

KOMATIPOORT – Aan die einde van ‘n Voortrekker Penkop of Drawwertjie (Laerskoolkind-Voortrekker) se loopbaan wil elkeen graag aan haar/homself bewys dat sy/hy iets besonders in Die Voortrekkers geleer en beleef het.

Dit is om hierdie rede dat daar ‘n Voorslag-toekenning gemaak word. Die Voorslagkamp toets Vootrekkers se kennis, vaardigheid en gesindheid omvatted, van alles geleer en bemeester tot op voorslagvlak.

Die plaaslike Voortrekkerbeweging spog nou met twee Voorslag-Vootrekkers: WG Engelbrecht (goud) en Natasha Visser (silwer) het die vermoeiende marathon-eksamen en toetskamp oor die naweek vanaf 29 tot 31 Augustus suksesvol oorleef.

Hulle is vergesel deur hulle offisier Marita Engelbrecht. Die verwering van hierdie gesogte prestasie is van die moeilikste dinge wat ‘n Voortrekker in sy laerskool-loopbaan kan doen. Sou daar ‘n noodtoestand in die dorp ontwikkel, sal hierdie twee voorslae beslis deel van die reddingspan kan wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button