Local sportSport

Atlete reeds vuurwarm

Joy Ndlovu van Lowveld High het haar afstand in die verspringput verbeter en twee plekke opgeskuif sedert die eerste vriendskaplike atletiekbyeenkoms op 17 September. 

Dié o/19-dogter het 0,44m verder gespring en die eerste posisie met ‘n afstand van 4,97m verower. Alhoewel die gerekende gewigstootatleet, Naas Marais van Hoërskool Nelspruit (seuns o/15) sy gewigstootafstand met byna twee meter verbeter het, moes hy toekyk hoe Stefan van der Bank, ook van NHS, met ‘n afstand van 16,70m die eerste plek inneem. 

Marais se 14,46m in die eerste byeenkoms het aan hom die goue medalje besorg. 

Lowveld High se Norbert Ponnisammy het weer stof in die oë van sy teenstanders geskop en die 100m in 10,9 sekondes afgelê. Emaneul Mashele van Bergvlam het die spies 25,5m ver laat trek in die dogters o/19. Die 1 500m vir dogters o/15 is deur Lizane de Blanche gewen. 

Sy was tweede met 07:23:08 in die 2 000m vir dogters.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button