Plaaslike spanne vaar goed in sewestoernooi
Penryn College se Spifuitnodigingspan wat eersdaags Mauritius toe toer, het die afgelope naweek aan die Lydenburg se Sewestoernooi deelgeneem.

Die manne het Frans du Toit stof in die oë geskop en met 35-5 as oorwinnaars van die veld afgestap.
Hulle het hul eerste wedstryd teen Sybrand van Niekerk 39-5 gewen en met hulle groot vyande, Lowveld High 29-10 afgereken. Met Penryn se laaste poelwedstryd, het hulle teen Patriot 32-5 geklop.
Uitspeelfases:
• Spif wen teen Ermelo 24-12 in die halfeindstryd
As ‘n mens na die uitslae kyk, lyk dit of die span beslis slaggereed vir die Internasionale Bank AfrAsia o/18-toernooi is.
Hoërskool Nelspruit het óók Saterdag aan ‘n sewestoernooi in Skukuza deelgeneem. Nellies was saam met Hoërskool Die Anker van Brakpan, Gauteng en met Wonderboom in poel-A afgereken. Daarna klop Nelspruit Heidelberg se tweedespan in die halfeindstryd van die boul- en skildfinaal 26-7. Die toerspan het in die halfeindstryd teen Middelburg 12-10 vasgeval.
