Local sportSport

Nellies se krieketspanne is tops in die superliga

Twee krieketspanne van die Nellies is onlangs as ligawenners gekroon.

Hoërskool Nelspruit se o/15 A-krieketspan het met 282 lopies teen Hoërskool Rob Ferreira gewen en is as die wenners van die Mpumalanga-superliga aangewys. Divan Jacobs het 99 lopies nie uit nie aangeteken, terwyl André Vosloo vyf paaltjies vir 17 lopies in sewe boulbeurte geneem het.

Die o/14 A-span het 429 lopies gemoker en met 354 lopies teen Malekutu, wat na slegs 75 lopies uitgeboul is, geseëvier. Dié span is as die wenners van die Ehlanzeni o/15-liga gekroon. Graeme Bouwer het 128 lopies aangeteken.

Die eerste krieketspan het met drie paaltjies teen Robbies gewen. Bernard Vorster het 52 lopies nie uit nie aangeteken terwyl Stephan Kriel drie paaltjies vir 23 lopies in nege beurte geneem het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button