Penryn se manne vaar goed in toernooi
Penryn College se Spif-uitnodigingspan wat eersdaags na Mauritius toer, het die afgelope naweek aan Lydenburg se sewestoernooi deelgeneem.

Die manne het stof in Frans du Toit se oë geskop en met 35-5 van die veld afgestap.
Hulle het hul eerste wedstryd teen Sybrand van Niekerk 39-5 gewen en met hulle groot vyande, Lowveld High 29-10 afgereken. Met Penryn se laaste poelwedstryd, het hulle Patriot 32-5 geklop.
Uitspeelfases:
• Spif wen teen Ermelo 24-12 in die halfeindstryd.
As ‘n mens na die uitslae kyk, lyk dit of die span beslis slaggereed is vir die o/18-toernooi van die Internasionale Bank AfrAsia.
Hoërskool Nelspruit het óók Saterdag aan ‘n sewestoernooi in Skukuza deelgeneem. Nellies was saam met Hoërskool Die Anker van Brakpan en Wonderboom in poel-A en het met albei afgereken.
Daarna het Nelspruit Heidelberg se tweede span in die halfeindstryd van die boul- en skildfinaal 26-7 geklop.
Die toerspan het in die halfeindstryd teen Middelburg 12-10 vasgeval.
