Local sportSport
Sy ken al die regte skuiwe
Dié slimkoppie is net 10 jaar oud en is tans vierde op die Suid-Afrikaanse skaakranglys vir dogters o/10 en 53ste in die wêreld.

Suné du Preez, ‘n leerling van Laerskool Lydenburg, het die puik prestasie onlangs by die Wêreld Jeug Skaakkampioenskappe in Durban, KwaZulu-Natal verower.
Suné was ook die enigste speler van die Laeveld wat gekies was om van 19 tot 30 September by die Internasionale Konferensiesaal te speel.
“Sy het die spel baie geniet en veral om nuwe maats te maak. Jesus was deel van elke skuif wat sy gemaak het.
“Dit het haar ook die geleentheid gegun om na kinders uit te reik,” het haar ma, Odette, gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
