Local sportSport

Stoeiers is gereed vir kollig

"Nelspruit Stoeiklub (NSK) behoort 12 medaljes by die Suid-Afrikaanse Junior Stoeikampioenskappe op te raap." Só meen die afrigter van NSK, Hansie Kruger. 

Altesaam agt seuns neem eersdaags aan die SA’s deel wat in Pretoria plaasvind. Die stoeiers het die afgelope naweek ‘n oefenkamp in die Shonalanga-sportsaal bygewoon waar hulle op tegniek en kardio gefokus het. “Ons as afrigters was ook daarop ingestel om elke stoeier voor te berei om op die dag wat hy deelneem, op sy sterkste te wees.”

Vier stoeiers van Sasol het ook die naweek saam met die plaaslike manne wat lede van die Mpumalanga-span is, geoefen. Die span ry vandag Middelburg toe waar hulle aan ‘n tweede verpligte oefenkamp gaan deelneem. 

Die span is:
• AJ van der Lith
• Beyers Combrink
• Johny Smit
• Neels Smit 
• Justin Ray-Meyer 
• JJ Fereira 
• Vee-Andre Swanepoel
• Lourens Erasmus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button