Local sportSport

Oud-Nellie skiet pad oop na Amerika

Handwapens word uitgeruk. 'n Koeël word afgevuur en dit is net rook waar jy kyk.

Rosco Becker (19) vlieg vandag na Florida, Amerika waar hy aan die Internasionale Praktiese Skietkonfederasie se wêreldkampioenskappe gaan deelneem. Hiér neem meer as 1 600 skuts van 90 lande van 13 tot 19 Oktober deel. “Ek is mal oor die adrenalien wat deur my are vloei en is baie opgewonde oor die toernooi. Hierdie sal die eerste keer wees wat ek oorsee vir skiet toer,” vertel Becker.

Hy is een van net vier skuts van Suid-Afrika wat vir die o/21-span gekies is. Altesaam 39 atlete van Suid-Afrika wat in verskillende kategorieë deelneem, vertrek eersdaags na Amerika. Tiaan Vermeulen, Thomas Affleck en Keith Rolls is sy medespanmaats (Becker is die enigste skut van Mpumalanga wat gaan toer).

Hy het aan die begin van die jaar sy Protea-kleure by die nasionale kampioenskappe wat in Pretoria, plaasge-vind het, verower. Die voormalige Hoërskool Nelspruit-leerling, is vir die derde opeenvolgende jaar as die SA junior kampioen aangewys en het só sy plek in die span bespreek.

Sy pa, Dirk rig hom sedert hy kompe-terend in gr. 8 begin skiet het, af. 

“My pa het my alles van dié sport geleer. Ons oefen drie keer per week waar ons tipiese senario’s skep wat ek in die toernooi kan verwag.”

Becker gaan die 30 stelle met sy CZ 75 shadow aanpak. ‘n Ronde kan tussen nege en 30 sekondes duur – dit hang van die aantal teikens af. ‘n Teiken het drie sirkels – die binneste ken vyf punte aan jou toe, die tweede, drie en die buitenste sirkel net een. Indien jy die teiken mis of die wit gedeeltes skiet – wat die gyselaars aandui – word daar 10 punte van jou totale punt afgetrek.

Die toernooi bestaan uit vyf areas en elke stel het sy eie naam. Bigfoot, trick or treat, chi town, peace pipe, area 51 en riverboat vorm deel van die eerste stel. 

Loer gerus na die amptelike webblad, www.worldshootusa.com om na die uitleg van die verskillende stelle te kyk – dit is interessant om te sien hoe dié sport presies beoefen word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button