Local sportSport

Thriston skuur skouers met grotes

Rory Mcllroy wat tans die wêreld se topgholfspeler is, het op die eerste dag van die Alfred Dunhill Links Kampioenskappe 'n 73 op sy telkaart ingevul. 

Die bekende speler van Mbombela, Thriston Lawrence, wat net 17 jaar oud is, het met ‘n 68 gespog.

Lawrence het nie die afsnypunt vir die vierde dag oorleef nie, maar om saam met spelers soos Louis Oosthuizen, Richard Sterne, George Coetzee, Jbe Kruger en Ernie Els ‘n baan te deel, is opsigself ‘n groot belewenis en prestasie.

Die 30ste Alfred Dunhill het Donderdag op Kingsbarns in Skotland afgeslaan. 

Die toernooi word op drie van die wêreld se topbane gespeel – die Old Course by St Andrews, die Carnoustie in Angus en dan natuurlik Kingsbarns. 

Lawrence het ‘n tweede ronde van 73 aangeteken, maar het die derde ronde op Carnoustie 80 gespeel. Hy het net een hou agter Darren Clarke van Noord-Ierland klaargemaak.

Hy het op die eerste ronde vier voëltjies onderskeidelik op die derde, negende, 12de en 16de met sy sethou aangeteken en het nie ‘n enkele brouhou geslaan nie. 

Op die tweede dag het hy egter nie so ‘n goeie dag met sy setstok beleef nie en kon hy net twee voëltjies invul en die drie brouhoue het hom duur te staan gekom. 

England se Oliver Wilson het die toernooi gewen. Lawrence en sy pa, Steven, het gister net na 11:00 in Port Elizabeth geland waar hy die komende naweek aan die Sun Boardwalk-toernooi op Humerwoord deelneem. 

Pa en seun sal volgende week na ‘n drie maand lange toer na die Laeveld teruggekeer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button