LVM samel geld in vir welsyn
Die makelaars kon verlede week vir drie welsynsorganisasies elk R27 000 gee na hul gholfdag.
LVM Makelaars kon Donderdag ‘n groot hoeveelheid geld vir welwillendheid insamel. George du Toit van LVM het verduidelik dat dit die eerste keer was dat hulle ‘n gholfdag ten bate van minderbevoorregtes aangebied het.
Dit was maar goor weer, maar tog kon hulle 138 spelers na die Nelspruit Buitebaan lok.
“Ons was eintlik bietjie te veel,” het hy gesê. En hoewel dit hulle ook redelik geld gekos het, het Du Toit gesê LVM sal dit verseker in die toekoms weer aanbied.
Boonop het hulle baie borgskappe ontvang en kon die top agt vierbalspanne pryse ontvang.
En ondanks die feit dat al die pryse uitgedeel is en daar nie ‘n vendusie gehou is nie, het elkeen van die drie begunstigdes ‘n tjek vir R27 000 ontvang. Hulle was Pumalanga Aftreeoord, die Nelspruit Gemeenskapsforum en Dasha Skool vir Gestremdes.
Die spelers van A&E Projects is as die wenners van die dag aangewys. Hulle is Hein Kruger, Albert Greyvenstein, Marco Craven en Jean Winterbach.
Sien al die foto’s hier.
