Local sportSport

BHS krieketspelers sê onnies die stryd aan

Dit was 'n perd van 'n ander kleur toe die eerstespan-krieketseuns die menere, ook bekend as die Old Boys, verlede week die stryd aangesê.

Om dinge meer om te krap, was die reëls ook glad nie soos dit normaalweg moet wees nie. Dit op sigself het vir groot pret gesorg.

Die seuns het eerste gekolf en 119 lopies aangeteken waarvan Kenny Beverley en Stefan Botha s’n nie uit was nie. 

Die menere Winter, Schoeman, Ferreira, Zwane, Naidoo en Pieterse het elk een paaltjie geneem en mnr. Moolman, twee.

Met die Old Boys se kolfbeurt het mnr. Schoeman 22 lopies aangeteken, mnr. Winter 32 en mnr. Moolman 49. 

Drie paaltjies is deur Elmar Nolte geneem met DJ Raulstone twee en Dylan Byleveldt en Armand een elk. 

Na baie speelse opmerkings en gelag, het die wat laaste gelag het, toe ook die lekkerste gelag, toe die Old Boys die wedstryd met 16 lopies gewen het – dit nadat daar ‘n teiken aan die krieketseuns gestel was om 32 lopies in twee beurte aan te teken. Mnr. Moolman is as speler van die wedstryd aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button