Vier rekords spat in Nellies se swemgala
Die woelwaterswemmer, Skye Munro (dogters o/13) het vier nuwe rekords tydens Laerskool Nelspruit se ACDC Express interhuis-swemgala opgestel.

Die o/13-seun, Daylin Mulder het ook die rekordboeke herskryf en in die 50-meter bors- en rugslag nuwe tye losgeswem.
Skye het die prys vir die beste prestasie van die dag verower en is ook as die senior victrix ludorum gekroon. Sy het die 50-meter-vryslag in ‘n tyd van 30:59 sekondes, en die borsslag in 39:35 sekondes geswem. Alhoewel die vlinderslag-item as die uitdagendste item in dié sport beskou word, het hierdie o/13-dogter dit in 33:07 sekondes klaargemaak. Daylin is as die beste senior swemmer van die dag aangewys.
Ander uitstekende uitslae:
• Beste prestasie van die dag – junior dogter: Jodi dos Santos
• Beste prestasie van die dag – junior seun: Janco Rademeyer
• Beste prestasie van die dag – senior seun: Daylin Mulder
• Junior victrix ludorum: Milche Mulder
• Junior victor ludorum: Braam Basson
• Senior victor ludorum: Jetro Piso.
Nuwe rekords:
Dogters
• Skye Munro – 50m-vryslag: 30.59 (dogters o/13)
• Skye Munro – 50m-borsslag: 39.35
• Tayla Kotzee – 50m-vlinderslag: 36.12 (dogters o/12)
• Skye Munro – 50m vlinderslag: 33.07
• Skye Munro – 200m-individuele wisselslag: 2:50:18.
Seuns
• Jetro Piso – 50m-vryslag: 28.53 (seuns o/13)
• Daylin Mulder – 50m-borsslag: 39.06 (seuns o/12)
• Daylin Mulder – 50m-rugslag: 35.79
• Jetro Piso – 50m-vlinderslag: 30.90.
