Local sportSport

Tap sweet af met dié broeke

Sodra jy die kief, moderne oefenbroek met patrone eersmaal aangetrek het, sal jy nooit enigiets anders wil dra nie.

Dit gee oefening ‘n hele nuwe betekenis. Funky Pants is vir die eerste keer aan Laevelders in April by Legogote Villagers se Screaming Monster-wedloop by Sudwala-grotte, bekendgestel. In net ses maande het al hoe meer atlete dié kleurvolle oefenbroeke aangeskaf. “Die idee het vyf jaar gelede in Durban in KwaZulu-Natal begin en dit is ook waar ek dit vir die eerste gesien het. My man, Mark neem jaarliks aan die Dusi-kanoemarathon tussen Pietermaritzburg en Durban deel,” vertel Allison Williams wat die idee in die Laeveld bedryf.

Die kans dat jy nóg iemand met presies dieselfde broek as jy raakloop, is skaars.

Net ‘n spesifieke aantal materiaal word gebruik – elke broek is uniek. Daar is ‘n ontwerp vir elke ouderdom, geslag en smaak.

“As mense praat van die man met die oranje en witblommetjies-broek, is dit Mark. Ek het agtergekom dat meer mans as vroue vir die knalkleure en ontwerpe gaan. Vroue kies die basiese kleure soos swart met wit blokkies.”

Binnekort is driekwartbroeke en bandanas ook beskikbaar. Deesdae dra selfs rugbyseuns dit onder hul rugbybroeke.

‘n Funky Pants ope-water swemgalareeks vind eersdaags by Lake Longmere plaas. Dit is die ideale geleentheid vir swemmers wat graag vir die Midmar en die Ysterman wat vroeg volgende jaar plaasvind, wil voorberei.

Besoek die Facebook-blad, Funky Pants Nelspruit vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button