Local sportSport

Karatekas verwerf swartgordels

Die tweede halfjaarlikse swartgordel-gradering in tang soo do Koreaanse karate het die afgelope naweek by die Wolves Akademie plaasgevind.

Die jong Mea Vermeulen, Eulalia Jordaan, Luke de Bruin en Emune van Wyk het hul eerstedan-gradering geslaag. Roux Burger, Tiaan Schwirzer, Chane Schwirzer en Carmolieta Vermeulen was suksesvol met hul tweededan-gradering.

Christopher Wilken was die enigste student wat vanjaar sy derde dan teen sy muur opgehang het. Die paneel wat die gradering behartig het, was grootmeester Eddie Jacobsen, meester Greg Hart, meester Awie Davis en meester Xander Davis.

Marco Belo en Gerhard van Tonder (eerste dan) was ook die afgelope naweek suksesvol en die twee kan volgende jaar vir hul volgende gradering kwalifiseer.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button