Reën jaag spelers aan tydens CMR Gholfdag
Gholfspelers moes skarrel om klaar te speel voor 'n dreigende reënbui tydens 'n gholfdag vir liefdadigheid uitgesak het.
Die jaarlikse geleentheid is by die Witrivier Buiteklub gehou as fondsinsameling ten bate van die plaaslike kantoor van die Christelike Maatskaplike Raad (CMR). Dié organisasie doen welsynswerk onder die plaaslike gemeenskap, soos om kospakkies vir behoeftige gesinne uit te deel.
Meer as 10 spanne het deelgeneem en daar is pryse aan elke span uitgedeel. Daar was ook pryse vir spelers wat hul bal die naaste aan die pen gekry het en die persoon wat die langste dryfhou geslaan het. Geskenkpakke en geskenkbewyse vir wildritte en vleis van ‘n plaaslike slaghuis, sowel as twee meerdoelige digitale masjiene wat deur Xerox geskenk is, het base gekry.
Die eersteplek-wenners was Trevor Middleton en Richard Mkhayshwa met 50 punte. Ronnie Visagie het die prys ontvang vir die langste dryfhou.
Witrivier Drukkers bedank al die borge, besighede en gemeenskapslede wat ‘n bydrae tot die suksesvolle fondsinsameling gelewer het.
Sien foto’s van die deelnemers hier.
