Local sportSport

Motorfietsryers bied hulp aan kameraad

Die motorfietsdag wat elke jaar by Low's Creek gehou word, sal op 8 November ten bate van Francois Potgieter (38) plaasvind.

Francois, wat ‘n paar jaar gelede ernstig in ‘n motorongeluk beseer is, word tans in die Macadamia-kliniek in Mbombela versorg. As gevolg van ernstige hoofbeserings was sy kanse feitlik nul om weer ‘n normale lewe te kon lei. Na ‘n lang periode van intense fisio-, arbeids- en spraakterapie, het sy spraak verbeter, maar hy is steeds in ‘n rolstoel. 

Sy familie kan nie finansieel bydra nie en as dit nie was vir vriende en fondsinsamelings nie, sou dit nog moeiliker gegaan het. Die daaglikse versorging kos ‘n klein fortuin, en daarom het die organiseerders besluit om vanjaar se pretdag ten bate van Francois te hou. Soos gewoonlik is dit perfek vir energieke motorfietsryers wat nie bang is om vuil te word nie. Modder, rotse, paaie deur bosse en vele meer sal deel van die aksie uitmaak. Daar sal baie aktiwiteite by die waterpunte wees en genoeg te eet en te drink op die roete self.

Die inskrywingsfooi per motorfiets is R250 en is oop vir alle ouderdomsgroepe. 

Die organiseerders vra dat mense kontant moet bring, aangesien daar nie ‘n kitsbank sal wees nie. Vir dié wat net wil kom om heerlik te kuier sal daar braaipakke en drank te koop wees. Die braai en prysuitdeling sal na afloop van die dag se aksie plaasvind. Die plaas is 18km vanaf Kaapmuiden op die R38 en die GPS-koördinate is 25°40’2″S/31°13’23″E.

Navrae: Barries of Gerda by 083-601-3156 of 083-601-4037.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button