Local sportSport

Stokke swaai en balle waai vir die gemeenskap

Twee broers, Gareth en Timothy Townsend, het die jaarlikse Mathews Phosa, Du Toit-Smuts/Laevelder se gholfdag Vrydag, 10 Oktober op Nelspruit Gholfklub gewen. 

Dit was in ‘n beterbal-formaat gespeel en die Townsend’s se medespelers, Lloyd Townsend en Bruce Nieuwenhuys was ook vuur en vlam en het in die tweede plek geeïndig.

Geniet ‘n video wat op die dag gemaak is.

Lourens Labuschagne het Vrydag op bof drie ‘n kolhou geslaan. Hy het na afloop van die gholfdag vertel dat die balletjie gehop het en aanhou rol het en dat die bal ewe skielik net in die gat verdwyn het. Die vorige kolhou is vroeër vanjaar geslaan. 

Riaan van der Merwe (Medium)

‘n Ysige oostewind en donderwolke het 132 gholfspelers nie in hul skoene gestuit om hulle stokke vir ‘n goeie doel te swaai nie. Altesaam R34 000 is op die dag ingesamel vir onderskeidelik Huis Bethlehem, Light House, Dasha-skool vir gestremdes en die Nelspruit Gemeenskapsforum ingesamel.

tiwtter

“Hierdie gholfdag het werklik ‘n hoogtepunt op die sportkalender geword. Die spelers geniet elke oomblik op die baan en die gehalte van die pryse is uitstaande. So terwyl dit ‘n dag van pret-en-plesier is, maak ons ‘n groot verskil. Vir Laeveld Media is dit ‘n voorreg om met Du Toit-Smuts Mathews Phosa saam te span om ‘n verskil in die gemeenskap te maak. Die fondse wat hier geïn word, word baie goed aangewend. En na elke jaar se geleentheid, begin ons vroeg-vroeg al wonder watter haas ons uit die hoed kan ruk om nuwe verrassings in te werk.

Emil de Clerck, Francois Gerber en  (Medium)

Suzuki het liplekker-kos voorberei en ‘n hele paar strafdoppe uitgedeel, Du Toit-Smuts het ‘n mini-gholfbaan met ‘n spinwiel gehad wat die spelers se strafpryse bepaal het. Laevelder het elkeen beroemd laat voel en ‘n foto van die speler op ‘n nagemaakte agterblad geplaas. 

Uitlsae:
• Eerste – Gareth en Timothy Townsend
• Tweede- Lloyd Townsend en Bruce Nieuwenhuys
• Derde – Gary Friend en Danny Schmulian
• Verste dryf – Nimrod Smit
• Naaste aan die pen – Markus Myburgh.

IMG_9128 (Medium)

Borge
A Pretorius Makelaars
Absa Bank
Alkmaar Valley
Aramex Express
Bidvest Bank
Camp & Gas
Chas Everitt
Ciro Mpumalanga
CK Embroideries
Croc Valley Citrus
Debonairs Nelspruit
Dischem Pharmacies – Nelspruit
Elmadre Slaghuis

fb


FNB
FordD
Four musketeers
Fruit & Veg
Laevelder
Liberty Life
Lowveld Valve
Mazda
Mica – Nelspruit
Michem
Minuteman Press
Monte de Smith Makelaars
Mpumalanga Copiers
Nedbank
PF Technologies
Produkta Nissan
Prominent Paints
Riaan Venter for Pumas
Ristar/Panasonic
Sizabantu Piping Systems
RNA Verspreiders
Rooikat Drankwinkel
SA Brouerye
SA Embroideries
Sanibonani Cleaning Supplies
Searchworks
Sembcorp
Skotteljons
Stabilis/Kapano Rekenmeesters
Standard Bank
Steiner Hygiene
The Grove SUPERSPAR
Suzuki
Torga Optical
TSB
Ulusha Projects
Van’s Auctioneers – Mpumalanga
Viv’ix Designs
Westvaal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button