Local sportSport

Wiid maak skoonskip by Nellies se toekenningsaand

Madri Wiid en Stephan van der Bank is onderskeidelik as sportvrou en sportman van die jaar aangewys. Die twee het hierdie gesogte pryse by Hoërskool Nelspruit se jaarlikse sportprysuitdeling ontvang. 

Die Absa-atleet van die jaar is aan Lizaan de Blanché en Van der Bank toegeken. Wiid is ook as die senior atleet aangewys en vir haar besondere prestasie in atletiek bekroon. Sy was lid van NHS se Super 16-interhoërspan en was ook ingesluit in Mpumalanga se atletiekspan vir deelname aan die SA’s.

Tydens die SA Kampioenskappe het Madri ook ‘n vierde plek in die 3 000m vir o/19 behaal. Van der Bank was lid van NHS se Super 16-interhoërspan en hy was ook ingesluit in die Mpumalanga-atletiekspan vir deelname aan SA’s. Hy het sy tweede plek tydens die SA Skolekampioenskappe (spiesgooi o/15) opgevolg met ‘n puik goue medalje by die ASA Jeugkampioenskappe in Stellenbosch.

Jacques du Preez het die gesogte gholfspelertoekenning ontvang vir sy prestasie op die gholfbaan vanjaar. Die slimkop, Rickus Henning het naam op die skaakmat gemaak en daarvoor is hy beloon met die skaaktrofee.

‘n Sport wat nie baie aandag geniet nie, muurbal, het ook twee sterre gelewer: Bonita du Plessis en Rudolf Henning wat puik gevaar het, is as die muurbalspelers van die jaar aangewys. 

Buiteskoolse sportman van die jaar, Albe de Nysschen het die toekenning vir sy prestasie in goudpan ontvang. Hy het tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe tweede in die junior afdeling geëindig en is ook in die SA span ingesluit. Hy het Suid-Afrika in Swede by die Wêreldkampioenskappe verteenwoordig en het ‘n 11de plek behaal.

Eulalia Jordaan is vir haar unieke prestasie in krygskuns vereer. Sy het in Oktober 2013 Suid-Afrika by die wêreldkampioenskappe in Rotterdam, Nederland, verteenwoordig. Daar het sy vier goue medaljes, een silwer- en een bronsmedalje verower. Tydens die SA-Koreaanse Krygskunskampioenskappe in April 2014, het sy drie goue medaljes losgeslaan en is sy ook as senior dogter van die dag aangewys.

Jané Vermaak het ook ‘n toekenning vir haar unieke prestasie in goudpan ontvang. Sy het tydens die Suid-Afrika kampioenskappe die junior afdeling gewen en is ook in die SA span opgeneem. Sy het Suid-Afrika in Swede by die wêreldkampioenskappe verteenwoordig en het ‘n eerste plek behaal.

Ander toekennings:
• Buiteskoolse sportvroue – Eulalia Jordaan en Jané Vermaak
• Buiteskoolse sportman – Albe de Nysschen
• Junior atleet van die jaar – Claire Sparrow en Stephan van der Bank
• Senior atleet van die jaar – Gronighan Grobler
• Junior hokkiespelers van die jaar – Savannah Cilliers en Christi Kruger, Karlien Lombard, Carlu Meyer, Jancké Habig en Andrew Dunn
• Senior hokkiespeler – Ruan Reiter
• Junior krieketspeler – Bernard Vorster
• Senior krieketspeler – Simon Geldenhuys
• Landloper van die jaar – Mia Erasmus (junior), Wandla Nkosi (junior), Carlu Meyer (senior), Dewaldt Bothma (senior)
• Netbalspeler – Carmen Cronjé (junior), Lyné van Huyssteen (senior)
• Rugbyspeler – Marnus van der Merwe (junior), Oscar Schuld (senior)
• Sewesrugbyspeler – Mauro Bucuchane, Daniel Maartens, Waldo Putter
• Junior skaakspeler – Braam Visser
• Tennisspeler – Marné van Aarde en André Vosloo (juniors), Lomé Smit en Jacques Fourie (seniors).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button