Local sportSport
Skut vaar goed in Florida
Die plaaslike skutheld van die Laeveld, Rosco Becker (19) het 'n 17de plek by die IPSC Wêreldskietkompetisie wat in Florida, Amerika plaasgevind het, verower.

Becker het in die junior afdeling deelgeneem en ‘n algehele 150ste plek behaal. “Ek het nie so goed gedoen soos wat ek wou nie, maar dit was my eerste keer en dit was ‘n ongelooflik ervaring.”
Altesaam 30 Suid-Afrikaners het in Florida deelgeneem en hy was een van net vier skuts van Suid-Afrika wat vir die o/21-span gekies is.
Na 30 stelle, het hy ‘n totale tyd van 513:72 minute geskiet en ‘n totale puntetelling van 2 011 behaal. Die toernooi het Sondag geëindig.
Lees meer oor die jong skut:
• Rosco hits yet another target
• Oud-Nellie skiet pad oop na Amerika
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
