Local sportSport

Gimnaste lewer puik vertonings in die Kaap

Die Nelspruit Gimnastiek Akademie (NGA) het die afgelope naweek 'n baie suksesvolle byeenkoms in die Kaap by die Suid-Afrikaanse Gim-spele vir vlak vier tot ses gimnaste gehad.

“Ons het 13 gimnaste gehad wat ongelooflik goed gelyk het en dit was vir elkeen ‘n goeie ervaring gewees. Ons is geweldig trots om te sê dat ons met ‘n SA-kampioen teruggekeer het,” het die afrigter van NGA, Mare Putter na afloop van die byeenkoms gesê.

Amani Omar (10) het in vlak ses op al vier haar apparate uitgeblink. Sy het goud op die spronge en balk verower en ook ‘n silwer op die brug gekry.

Alhoewel sy ‘n vierde plek op die vloer gekry het, het sy ‘n algehele eerste plek behaal. “Sy sal nou volgende jaar in die Olimpiese stroom inbeweeg wanneer sy na vlak sewe vorder. 

Twee ander gimnaste, Larusha Scheepers en Larise Combrink, het met hulle vertonings die skare se oë op hulle gerig gehou. Larusha (9) vir vlak 4 het algeheel vierde uit 59 gimnaste, met ‘n silwer medalje op die vloer geëindig. Larise (9) – ook vlak vier – het algeheel sewende uit 59 gimnaste gekom met ‘n bronsmedalje vir die spronge. Shene Coetzee het ook hiér die oog met puik vertonings gevang, veral op die vloer met ‘n 9.25, maar sy het ongelukkig van die balk afgeval. 

Nog uitslae
• Daniella Goncalves (vlak 4, 18 en onder) – algeheel sewende met ‘n brons op die balk
• Ashley Kellar (vlak 6, 18 en onder)- algeheel 16de uit 49 gimnaste met ‘n silwer medalje op die spronge
• Crystal Kellar (vlak 4,10 jaar) – algeheel 12de uit 80 gimnaste
• Diyana Omar (vlak 6, 18 en onder) – algeheel 14de 
• Anja Zonneveld (vlak 5, 18 en onder) – algeheel 14de 
• Arilyn Dawson en Nechelle Jacobs het albei goed vertoon, maar hulle het ongelukkig onderskeidelik ook twee valle op die brug en balk gehad. Kayleigh Gibb het ook puik gevaar. 
• Naldo de Wet – algeheel sesde op vlak ses met ‘n silwer medalje op die ringe. 

“Ons is trots op elkeen se vertonings. Sommiges het geval en weer opgestaan. Dit is wat gimnastiek kinders leer – om jou ken op te lig en klaar te maak en steeds te weet jy kan.”

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button