Local sportSport

Nellies se rugbyster skitter in Dubai

Noord-Vaal het die Verenigde Arabiese Emirate met 49-17 geklop en het die klubspan, Arabian knights, met 93-0 'n goeie pakslae gegee.

Hoërskool Nelspruit se o/16-uitblinkspeler, Dewald Maritz, het hierdie maand saam met die Noord-Vaal o/16-span na die Verenigde Arabiese Emirate gereis waar hulle vanaf 3 to 13 Oktober teen plaaslike klubs en die nasionale span gespeel het. Volgens Dewald het die span van die Noord-Vaal met gemak teen hul teenstanders gewen en het hy die ervaring beide opwindend en leersaam gevind. “Dubai was ongelooflik. Dit was ontsettend warm en die rugby was baie lekker.

Ons het twee wedstryde gespeel en een dag aan sewes deelgeneem.”

Noord-Vaal het die Verenigde Arabiese Emirate met 49-17 geklop en het die klubspan, Arabian knights, met 93-0 ‘n goeie pakslae gegee.

“Hulle het nog baie om te leer en dit is goeie blootstelling vir hul rugbyspelers ook,” beaam Dewald.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button